“Book Descriptions: Erin se dogter Maryna word op ses jaar voor haar skool ontvoer. Dit vernietig haar huwelik en al wat haar staande hou, is ontkenning en verbeelding. Twintig jaar later is daar op ’n stormagtige nag ’n klop aan Erin se voordeur. In die nat wind staan ’n logge vreemdeling wat nie kan of wil kommunikeer nie – Maryna? Ma en dogter moet ’n nuwe woordeskat vind en van booswigte vlug. Dit word ’n wêreld waarin die werklikheid en die sureëele mekaar oorvleuel én uitwis én skep. En selfs in hierdie skemerwêreld bly die pyn van verwonding voortskrei.
Steinmair debuteer met ’n Engelse digbundel, A see-through suitcase. Haar eerste roman, Marike se laaste dans, het in 2011 die Jan Rabie Rapport-prys verower. Haar spanningsroman, Poppekas, verskyn in 2012. Daarna volg ’n drieluik magies-realistiese misdaadfiksie: Die neus, Wenkbrou en Moestas. As jy van moord droom is haar eerste domestic noir.” DRIVE