Moordhuis
(By Madelein Rust)


Size | 25 MB (25,084 KB) |
---|---|
Format | |
Downloaded | 640 times |
Last checked | 12 Hour ago! |
Author | Madelein Rust |
Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die psigologiese nagevolge van die bosoorlog in die tagtigs, die wêreld van kinderpornografie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings.
Die een geraamte ná die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars. Wie behalwe die Therons se erfgenaam sal voordeel trek uit die gesin se dood? Hou die Gainsford-seuns se dood verband met ’n baba se verdrinking drie jaar vantevore? Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood? Was die moorde ’n wraakaanval deur ’n versmaaide minnares en haar nuwe liefde?
Was hierdie die perfekte misdaad?
Terwyl Renata en haar vennoot, Stefan Coetsee, die verdagtes se maskers afskil en dieper delf in bloedige intriges, baklei sy teen die onwelkome sagte gevoelens wat Stefan ná al die jare opnuut in haar wakker maak.
Moordhuis is die derde roman waarin doktor Renata Malan en haar vennoot Stefan Coetsee saamwerk aan ’n misdaadondersoek. Rust was twee keer ’n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Spanningslektuur, onderskeidelik met Die 13de kaart en Monstersaad.”