“Book Descriptions: As kinders was Hugo en Nina onskeidbaar – toe skei die noodlot hulle tog. Wanneer die volwasse Nina voor die altaar gelos word, haar romantiese droom aan flarde, is Hugo weer die een om haar by te staan. Hoe ’n goeie plan was dit egter om saam na Mauritius te gaan vir dít wat bedoel was om haar en ʼn ander man se wittebrood te wees? En hoeveel spoke moet verdryf word voordat ʼn gelukkige “vir altyd” moontlik is? Op die eiland van liefde raak dit wel gou duidelik dat so ʼn einde nie al is waaroor dit gaan nie – maar ook die avontuur op pad soontoe
Pad Na Jou Hart was ʼn suksesverhaal soos min, beide as rolprent en die boek wat dit voorafgegaan het. Nou maak dieselfde span weer so.” DRIVE