“Book Descriptions: Een voet innie kabr is 'n Afrikaapse kortverhaalbundel, polsend met Kaaps-Maleise invloede. Jy hoor die klanke van dié gemeenskap, musky en soet soes ryke yt die Jannat. Gaireyah Fredericks se debuutbundel kry dit reg om gemarginaliseerde karakters en vertellers op die voorgrond te plaas. Die tailor-dokter met sy briefcase vol sample lappe, maatband en pen. Die pyn van 'n vrou wat haar pasgebore tweeling moet begrawe. Ennie stryd vannie pligsgetroue, prim en proper Marielda. En dan is daar is oek Ghoemeira wat tradisionele waardes met moderniteit moet versoen. In dié wêreld wat Fredericks oepskryf, bestaan die Moslemgeloof saam met bygeloof en drome. Gaireyah Fredericks se bundel verryk die Afrikaanse letterkunde se skatkis.” DRIVE