“Book Descriptions: Die lewe is net 'n asem lank is 'n versameling van 100 gedigte oor verlies en vertroosting deur van Afrikaans se bekendste digters. Hartroerende verse oor die dood, rou, afskeid, verganklikheid en menswees. Dis die ideale geskenk aan iemand wat 'n geliefde vir altyd moes groet ̶ veral wanneer 'n mens nie die woorde kan vind om te troos nie. Gedigte onder meer deur NP van Wyk Louw, Elisabeth Eybers, Sheila Cussons, Ingrid Jonker, Petra Müller, Breyten Breytenbach, George Weideman, Antjie Krog, Danie Marais, Ronelda Kamfer, Loftus Marais, Pieter Odendaal en Jolyn Philips.” DRIVE