“Book Descriptions: Christina Landman was nog altyd ’n voorloper. Sy is ook as ’n onstuitbare grootmond beskryf wat “selfs ’n klip kan kwaadmaak”. Maar agter die oënskynlike harde dop skuil daar ’n vrou met ’n gul hart vir ander vroue en gemarginaliseerdes, ’n vrou wat steeds wonder of sy die regte besluite tydens haar loopbaan gemaak het. Hierdie is die verhaal van ’n moeder en ’n voorloper wat die weg gebaan het vir alle vroue, maar soveel meer, ’n verhaal van ’n vrou wat bly staan het – ’n seder. ” DRIVE